OOS-KAAP. – Drie verdagtes, ‘n man en twee vroue, is binne ure nadat ‘n man (65) Donderdagoggend in Newton Park tydens ‘n huisroof vermoor is, in hegtenis geneem.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Mount Road-speurders het onverpoos gewerk, waarna twee vroue, onderskeidelik 36 en 57 jaar oud, en ‘n man (36) vasgetrek is. Die verdagtes is vir moord aangekla en sal Maandag in die Gqeberha-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: