Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagtes vir ‘afpersing om sakepersele te beskerm’ vasgetrek

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee mans, onderskeidelik 19 en 25 jaar oud, is Woensdag tydens samewerking tussen die Siqalo-polisiekantoor en die gemeenskap, in ‘n informele nedersetting in Gugulethu in verband met aanklagte van afpersing in hegtenis geneem.

AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes is deur die plaaslike sakegemeenskap ingelig dat hulle in besit is van briewe waarin beskermingsgeld geëis word. Die polisie het saam met die sakegemeenskap vergader om die verdagtes aan te keer. Lede is strategies by geïdentifiseerde sakepersele ontplooi waar daar vir die verdagtes gewag is. Die wag het vrugte afgewerp toe die twee verdagtes die perseel betree het en die polisie hulle vir beweerde afpersing in hegtenis geneem het.

Hulle sal na verwagting in die Athlone-landdroshof voorkom.