MPUMALANGA. – Altesaam 19 verdagtes sal môre weer op aanklagte van mensehandel en die immigrasiewet in die Middelburg-distrikshof verskyn.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi sê die Middelburg-blitspatrollie het op 28 Februarie ‘n wenk ontvang van twee verdagte voertuie, ‘n grys Ford Ranger-bakkie en ‘n grys Toyota Fortuner-sportnutsvoertuig, wat op die N11 vanaf Groblersdal in Limpopo onderweg was. ‘n Span van verskeie polisie-eenhede en Tracker Connect het die voertuie by die Botshabelo-hek opgemerk en probeer voorkeer. Die Ford het glo afgetrek, maar die Fortuner het weggejaag.
Sekgotodi sê binne-in die Ford was 17 jong Ethiopiese jong mans. Die bestuurder het na bewering gesê hulle volg die Fortuner wat na Midrand in Gauteng onderweg is en dat dit nie die eerste keer is wat so ‘n reis onderneem word nie. Die bestuurder, passasiers en jong mans is deur die polisie in hegtenis geneem en aangehou.
Die saak word deur die Valke ondersoek.
Die 19 verdagtes het op 19 Februarie in die hof verskyn, maar weens ‘n taalprobleem is die saak uitgestel om ‘n tolk te verkry. Die hof het ook beveel die jong mans se ouderdomme moet vasgestel word. Al 19 is steeds in aanhouding.