KYK: Verdagtes vir moord op Ditebogo Phalane (5) in hof

Lees ook :

Vyfjarige tydens beweerde kaping doodgeskiet. Foto's: X

GAUTENG. – Drie verdagtes verskyn vandag op die aanklag van moord op Ditebogo Phalane (5) in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Lumka Mahanjane, woordvoerder van die NVG, sê die aangeklaagdes word aan Phalane se moord gekoppel.

Phalane is op Vrydag 10 Mei tydens ‘n kaping van sy pa se voertuig by hulle huis in Soshanguve doodgeskiet.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

GAUTENG. – Twee verdagtes van Soshanguve, ‘n 29-jarige Mosambiekse burger en ‘n 30-jarige SA-burger, het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie voorgekom.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagtes word van die besit van onwettige vuurwapens en onwettige besit van ammunisie beskuldig. Die verdagtes is op 20 Mei tydens ‘n intelligensie-gebaseerde ondersoek deur die direktoraat vir prioritetismisdade-ondersoek (DPCI) in hegtenis geneem.

Die tweede verdagte het aan die hof genoem hy het ‘n uitstaande saak in Ga-Rankuwa-landdroshof waarvoor hy op 28 Junie moet verskyn. Hy word van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede aangekla.

Die Atteridgeville-landdroshof het die saak tot 30 Mei uitgestel vir regsverteenwoordiging en borgondersoek. Twee ander verdagtes, wat op 17 Mei in Pretoria-Noord- en Soshanguve-landdroshof verskyn het, se saak is na later die maand vir aanklagte van die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie uitgestel.

Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het gesê die twee verdagtes is na bewering vir die moord op Ditebogo Phalane in hegtenis geneem en het in die Atteridgeville-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en moontlik moord, verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief