Verdagtes wat glo kos van skool steel, gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Twee verdagtes, ‘n man (60) en ‘n vrou (36), is Saterdag gearresteer nadat hulle na bewering Hoërskool Minerva in Alexandra, Johannesburg, se kos gesteel het.

Steve Mabona, die woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê volgens inligting is die verdagtes langs die skool met bokse kosverraad wat glo aan die skool behoort, aangetref. Die kosvoorraad sluit groot hoeveelhede geblikte vis, vars melk en ander bederfbare goedere in. Die verdagtes is gearresteer en vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla. Beide het vandag in die Alexandra-landdroshof verskyn.

“Die kos wat gesteel is, vorm deel van voorrade wat deur die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSVP) aan die skool gegee word. Hierdie program verskaf voedsame maaltye aan leerders in primêre en sekondêre skole, met die doel om leer te verbeter deur wanvoeding en honger aan te spreek.”

Mabona sê die departement het onlangs vir die volgende drie jaar, wat in April ‘n aanvang neem, ‘n nuwe NSVP aangestel.

“Ons moet erken dat sommige diensverskaffers sedert hul aanstelling hul aflewerings aan ‘n paar skole vertraag het. Dit is egter teen Vrydag 11 April 2025 reggestel en ons kan bevestig dat alle skole hul voorraad ontvang het. Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief wat moontlik vir die betrokke skole veroorsaak is.”

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, het bekommernis uitgespreek, omdat die kos wat deel is van die program om leerlinge by skole te voed deur sinnelose misdaad weggevat word.

“Ons veroordeel sulke kriminele dade ten sterkste en doen ‘n beroep op gemeenskappe om die voedselvoorrade te beskerm wat bedoel is om hul kinders te voed. Ons doen ook ‘n beroep op lede van die publiek om enige misdaad wat by ons skole plaasvind by die polisie aan te meld, en hulle daarvan te weerhou om enige goedere wat by ons skole gesteel is, te koop,” sê Chiloane.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief