Verdagtes wat glo leeus verkoop, in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Nico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53) is in hegtenis geneem en het Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn na hulle glo ses leeus verkoop het.

Lt.kol. Tinyiko Mathebula sê inligting van ‘n Asiese man wat onwettig leeus verkoop, is op 3 Julie ontvang. ‘n Operasie is Vrydag geloods. Die verdagte het glo aangebied om ses leeus aan die geheime verkoper te verkoop. Hulle het daarop ‘n man ontmoet wat met hulle na ‘n plaas waar die leeus gehou word, gery het. Met die terugkeer na Potchefstroom en nadat die geld vir die transaksie inbetaal is, het die Valke, misdaadintelligensie, taakspan vir onwettige mynery en Potchefstroom-PKRS toegeslaan. Tydens deursoeking is ‘n geweer met 50 lewendige rondtes ammunisie, ‘n Toyota Fortuner en ‘n sleepwa gekonfiskeer.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en het Maandag op aanklagte van die oortreding van die wet op biodiversiteit, sameswering om ‘n misdryf te pleeg en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in die hof voorgekom.

Die saak is tot 16 Julie vir ‘n formele borgaansoek uitgestel terwyl die verdagtes in aanhouding bly.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief