Verdagtes wat SA-vroue glo onwettig met buitelanders laat ‘trou’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Klandestiene kantoor van binnelandse sake wat glo onwettige huwelike en huweliksvisums fasiliteer, is Maandagmiddag by ‘n blok woonstelle in Matthews Meyiwastraat in Greyville, Durban, ontbloot.

Kol. Robert Netshiunda sê die verdagtes het identiteitsdokumente van SA-vroue gebruik om hulle met vreemdelinge te laat “trou”. Die huwelike is veral met ongedokumenteerde buitelanders voltrek sodat die mans as eggenote SA-burgerskap kon bekom. Die voorlopige ondersoek het tot dusver ‘n binnelandse sake-amptenaar geïdentifiseer wat saam met die verdagtes gewerk het.

“Soos wat die ondersoek ontvou, kan nog inhegtenisnemings nie uitgesluit word nie.”

Verskeie aansoekvorms, kopieë van identiteitsdokumente en elektroniese toestelle is gekonfiskeer.

“Van die drie verdagtes sal twee mans van bedrog aangekla word en die vrou sal op ‘n aanklag van regsverydeling teregstaan, nadat sy probeer het om bewyse te versteek deur van die dokumente te skeur en dit in ‘n asblik te gooi.”

Die intelligensiegedrewe operasie waartydens die beweerde misdade blootgelê is, is in samewerking met verskillende eenhede wat misdaadintelligensie, die metropolisie, Sydenham trio-taakspan en binnelandse sake-immigrasie insluit, geloods.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Durban-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief