Verdagtes wat studente ‘verkrag en roof’ vlugtig in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Ntsako Mathebula (18) en Tiza Mamatlepa (24) het Dinsdag vlugtig in die Kgapane-landdroshof verskyn nadat vrouestudente op 22 Februarie by ‘n kampusblyplek beroof en verkrag is. Die saak is vir borgaansoek tot 1 April uitgestel.

Brig. Hlulani Mashaba sê Mathebula staan op vier aanklagte van verkragting en huisroof en Mamatlepa op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom tereg.

Op die betrokke aand is agt vrouestudente omstreeks 23:00 met ‘n vuurwapen aangehou en vier is verkrag. Die verdagte het glo ook die slagoffers van waardevolle items beroof, voordat daar te voet gevlug is.

Mashaba sê die twee verdagtes is apart op 11 Maart gearresteer, waartydens besittings van die slagoffers teruggevind is.

Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief