Verdagtes wat vrou in gesig skiet, gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (23) is Vrydagaand in Walmer in die gesig geskiet. Speurders is op soek na die verdagtes.

Kapt. André Beetge sê die slagoffer is omstreeks 18:30 in die G-Wes-area gesien waar sy hardloop terwyl sy haar ken vashou. Sy het ‘n skietwond aan haar ken gehad.

Die polsie het ‘n saak van poging tot moord oopgemaak en is op soek na die verdagtes in die saak.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Estelle Edwards by 082 769 1977 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief