Die Suid-Afrikaanse weerdiens het weer teen donderstorms vir vandag gewaarsku. ‘n Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms en oorstromings is vir KwaZulu-Natal en ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir dele van die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo uitgereik.
Lees ook: Julius Malema en lyfwag vandag in hof oor vuurwapensaak
Dele van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is met ‘n geel vlak-2 kennisgewing teen swaar reën gewaarsku.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Julius Malema en lyfwag vandag in hof oor vuurwapensaak





