Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het verdere weerwaarskuwings vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 1-waarskuwing vir onstuimige wind is vir die Noord-Kaap en die Vrystaat uitgereik, asook ’n geel vlak 2-waarskuwing vir hoë deinings vir die kusgebied in die Oos-Kaap.
Lees ook: Kouefront begin vandag, waarskuwings vir weer uitgereik
’n Kouefront sal vandag in die Wes-Kaap en Noord-Kaap begin. Daar is vanoggend ook ’n geel vlak 2-waarskuwing vir hoë deinings vir die kusgebiede van die Noord-Kaap en Oos-Kaap uitgereik.
Mense word herinner om die weer vir enige verandering dop te hou.
Bronne: SAWD
Lees ook: Kouefront begin vandag, waarskuwings vir weer uitgereik





