Vereeniging een van mees besoedelde stede

Lees ook :

Vereeniging glo een van mees besoedelde stede. Foto: IQAir

VAALDRIEHOEK, SUID-AFRIKA. – ’n Studie van Bloomberg Analysis het bewys Vereeniging is een van die stede met die meeste besoedeling ter wêreld. Data van OpenAQ, ’n nie-winsgewende organisasie, is gebruik.

Volgens die verslag word daar gereeld ’n hoë konsentrasie van mikroskopiese uitlaatgasse bekend as PM2.5 deur hulle sensors gemeet. Hulle het uitgewys die onsigbare partikels kan tot diep in mense se longe indring en later kanker en hartprobleme veroorsaak.

Twee aanlegte in daardie area is volgens Moneyweb bekend vir hulle skadelike uitlaatgasse. Eskom se Lethabo-steenkoolaanleg is naby Vereeniging terwyl ’n petrolchemiese aanleg naby Sasolburg is. Hierdie aanlegte verskaf egter werk aan ’n groot aantal mense in die Vaaldriehoek.

Bloomberg se verslag dui aan dit is juis industrieë soos bogenoemde wat die hoë konsentrasie PM2.5 vrystel.

Die Vaaldriehoek is reeds in 2004 deur die regering as ’n besoedelingsprioriteitsgebied verklaar toe die Vaal Triangle Airshed Priority Area (VTAPA) in plek gestel is. Twintig jaar later het die bestuursplan nog nie wesenlike verander gebring nie.

Industrieë in daardie gebied sê hulle beskik nie oor die nodige fondse of spasie om onder andere swaeldioksiedbesoedeling te verlaag nie. Sowat 1,7 m. mense woon in daardie gebied.

Bronne: Bloomberg, Moneyweb, South African Government  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief