Vereeniging-kleuter wreed doodgesteek

Lees ook :

Die toneel waar Retshidisitswe Mahlangu (23 maande) se ligaam gevind is. Foto's: Tumelo Mofokeng en The Daily Sun

VEREENIGING, GAUTENG. – Retshidisitswe Mahlangu (23 maande) se lewelose liggaam is Vrydagmiddag in die ou Vereeniging-hospitaal wat in ’n residensiële area omskep is, gevind. Die kleuter het na bewering steeds ’n mes in haar kop gehad en haar maag was oopgesny.

Dit volg nadat haar ma, Nthabiseng Mahlangu (25), die kleuter in ’n vriendin se sorg gelos het terwyl sy dorp toe was. Hulle het glo gereeld beurtelings mekaar se kinders opgepas.

Nthabiseng het egter later haar vriendin in die dorp raakgeloop. By navraag het die vriendin gesê dat sy die kinders alleen by die huis gelos het.

Die ma het glo teruggekeer huis toe en gesien dat die kleuter vermis is. ’n Soektog is begin. Die kleuter se liggaam is toegedraai in ’n mat in ’n leë vertrek van die ou hospitaal gevind.

Lt.kol. Mavela Masando, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n moorddossier geopen is.

Bronne: Daily Sun, George Herald

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief