Verhoor begin van voormalige Franse chirurg wat glo jong pasiënte verkrag

Lees ook :

Verhoor begin van voormalige Franse chirurg wat glo pasiënte verkrag fotokrediet: X

FRANKRYK. – Die verhoor van die voormalige chirurg wat glo sowat 299 minderjariges oor 25 jaar in 10 hospitale en klinieke seksueel aangerand en verkrag het terwyl hulle verdoof was of van operasies herstel het, het gister begin.

Lees ook: Voormalige Franse chirurg aangekla van 299 kinders se verkragting

Joel Le Scouarnec (74) het gister gesê hy het “simpatie met die lyding van die slagoffers oor die dade wat ek tydens my ondervraging erken het”. Hy het ook gesê hy is “bewus daarvan dat hierdie wonde nie genees of uitgewis kan word nie”.

Le Scouarnec is reeds in die tronk na hy in 2017 sy bure se kind, ’n pasiënt en sy niggies verkrag en seksueel aangerand het. Hy was ook in 2005 skuldig bevind aan die besit van beelde van kinders wat seksueel aangerand word, maar sy vier maande vonnis is opgeskort en hy is toegelaat om steeds met kinders te werk.

Dagboeke met inligting oor die kinders wat hy seksueel aangerand het, poppe wat hy gebruik het vir seksuele doeleindes en beelde en video’s van kinders wat aangerand is, is in 2017 in sy huis gevind na sy bure die polisie gebel het toe hy hulle kind deur ‘n heining gemolesteer het.

Die verhoor sal na verwagting tot Junie voortduur.

Bronne: CNN, New York Times, Daily Mail

Lees ook: Voormalige Franse chirurg aangekla van 299 kinders se verkragting

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief