Lees ook: Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet
VSA. – Die verhoor van twee dae oor die paneel wat op 5 Januarie van die Boeing 373 losgeskiet het, duur voort met getuies wat oor die voorval getuig.
Bemanningslede het verduidelik daar was chaos toe die paneel losgeskiet het. Al die bemanningslede het bevestig daar was ‘n harde slag en lug het by die vliegtuig ingestroom. Die suurstofmaskers het losgekom na die paneel losgeskiet het.
Die paneel het losgekom omdat die skroewe wat dit moes vashou nooit teruggesit is na dit uitgehaal is nie. Boeing het dit blameer op papierwerk wat nooit gedoen is nie.
Die vliegtuigmaatskappy het tydens die verhoor gesê dit gaan die ontwerp van die panele verander sodat sulke voorvalle in die toekoms vermy kan word.
Bronne: BBC, The Independent, New York Times
Lees ook: Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet