Verhoorafwagtende ontsnap uit polisieselle

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Mola Matome Reuben Modiba (29), ’n verhoorafwagtende gevangene, het Maandag omstreeks 13:30 uit die Maake-polisiekantoor se selle ontsnap, waarna ‘n soektog na hom geloods is. Die verdagte is aanvanklik in hegtenis geneem vir ’n saak van huisbraak wat in April aangemeld is.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits polisiebeamptes was na bewering besig om die verdagte na die selle te begelei nadat hy deur ’n speurder aangekla is, toe hy ontsnap het. Die ontsnapping word deur ‘n span speurders ondersoek.

Ledwaba maan die publiek om nie self te probeer om die verdagte aan te keer nie, aangesien dit hul veiligheid in gevaar kan stel.

Enigiemand met inligting oor waar Modiba hom bevind, kan kapt. Morwamokhono Kekana by 082 319 9742 bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief