NOORDWES. – ‘n Soektog is geloods nadat Mpho Vincent Madito (29), Thapelo Mogwele Molebatsi (25) en Johannes Mfaladi (28) Sondag uit die Swartruggens-polisiestasie se aahoudingselle glo deur die dak ontsnap het.
Kol. Adéle Myburgh sê na bewering het vier verhoorafwagtendes uit die sel ontsnap. Een (23) is egter weer gearresteer waar hy ‘n geleentheid op die N4 gesoek het. Hy verskyn Woensdag op ‘n ekstra aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding, gevoeg by die klag waarvoor hy oorpronklik in aanhouding is, in die Swartruggens-landdroshof.
Daar word nog na drie ontnaptes gesoek. Die drie het in die hof verskyn op aanklagte van: Madito vir vier verkragtingsake in Swartruggens en Makgobistad, Molebatsi vir diefstal in Swartruggens en Mfaladi in Swartruggens vir aanranding in aanhouding met die doel om ernstig te beseer.
Die polisie se ondersoek oor die ontsnapping en om die drie op te spoor, duur voort.
Enigiemand wat weet waar die drie hulle bevind, kan kapt. Peterson Monageng by 082 569 5868 bel.





