Brekende Nuus
Afrikaans

Verkeersbeampte dood toe vragmotor nie stop nie

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Verkeersbeampte (58) het vanoggend op die N4 buite Komatipoort gesterf toe hy ‘n vragmotor probeer stop en hy gestamp is.

Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling (DCSSL), sê die beampte was aan diens en besig met sy pligte. Die polisie en verkeersafdeling is agter die verdagte aan.

Mmusi sê Busisiwe Shiba, die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, het kommer oor die sterftes van verkeersbeamptes deur vragmotors uitgespreek. Sy het verkeersbeamptes ook gemaan om meer waaksaam te wees wanneer hulle padgebruikers voorkeer, aangesien sommige kwaadwillig is. Shiba het voorts medelye teenoor die afgestorwene se familie, kollegas en vriende uitgespreek.

Dit is die tweede insident waar ‘n verkeersbeampte op so ‘n wyse sterf. Henry Ngwambo is in April ook deur ‘n vragmotor getref, waarna hy oorlede is.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

MPUMALANGA. – ‘n Senior provinsiale inspekteur (52), verbonde aan die Piet Retief Cost Centre, het gesterf toe ‘n vragmotor hom Dinsdagaand op die N2 tussen eMkhondo en Pongola tref.

Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid en skakeling (DCSSL), sê die verkeersbeampte was aan diens. Hy en ‘n kollega was besig met roetinepligte toe die vragmotor hom getref het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Busisiwe Shiba, die waarnemende LUR vir die departement, het medelye teenoor die familie, kollegas en vriende van die afgestorwene uitgespreek.

“We are deeply saddened by the development. We are sending our heartfelt condolences to families, friends, and colleagues of the deceased. Although the investigation is underway, we are calling on law enforcement officers not to be deterred in their quest to make our roads safer.”

Die voorval word deur die polisie ondersoek. Die naam van die beampte sal mettertyd bekendgemaak word.