Brekende Nuus
Afrikaans

Verkragter deur slagoffer met bottel gesteek, kry 18 jaar

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Gert Kock (30), wat deur sy verkragtingslagoffer met ‘n bottel gesteek is, is in die seksuele misdaadhof in Galeshewe, Kimberley tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Lt.kol. Sergio Kock sê die slagoffer was op 15 Maart 2021, omstreeks 09:00, onderweg na haar werk toe sy ‘n kortpad agter om die gebou van die provinsiale wetgewer in Galeshewe geneem het. Sy is deur Kock oorval, met ‘n mes gedreig en met geweld in ‘n veld ingesleep. Kock het die slagoffer verskeie keer verkrag, maar sy kon daarin slaag om hom by sy geslagsdeel met ‘n bottelnek te steek. Die slagoffer kon ontsnap en die insident aan die polisie rapporteer.

“Na ‘n lang ondersoek is die beskuldigde op 7 Desember 2021 in die Kimberley- sentrale sakedistrik in hegtenis geneem.”

Kock is op 19 Augustus deur die hof skuldig bevind en gevonnis.