Verkragter óp parool skuldig na seun verkrag is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Randall Booysen, op parool vir verkragting, is deur die Plettenbergbaai-streekshof lewenslank tronk toe gestuur nadat hy ‘n seun (11) verkrag het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê die seun was op 23 Augustus 2019 na skool onderweg huis toe, toe hy deur Booysen verkrag is. Booysen het skuldig gepleit.

Johannes Jurie Marx, die staatsaanklaer, sê op die betrokke dag is die seun, toe in gr. 4, gestuur om ‘n koeldrank te koop, waarna hy sy bus verpas het. Hy moes huis toe loop. Op die N2-hoofweg oorkant Plettenbergbaai-landdroshof het hy die beskuldigde wat besope was teëgekom. Die seun het Booysen R5 gevra, maar hy is R100 aangebied indien hy “iets” vir die beskuldigde sou doen. Hy het die seun deur ‘n gat in ‘n heining langs die pad gesleep, waarna hy verkrag is. Booysen is deur DNS aan die verkragting gekoppel en is in hegtenis geneem.

Booysen het in die hof bevestig hy was bewus van die slagoffer se ouderdom en dat hy nie tot seks kon instem nie. Hy het ook bevestig alhoewel hy onder die invloed van alkohol was, hy beheer oor sy aksies gehad het en tussen reg en verkeerd kon onderskei.

Die aanklaer het die erns van ‘n verkragting en in besonder op ‘n kind aan die hof voorgehou. Voorts is gesê die vonnis is in die belang van die gemeenskap en ‘n sterk boodskap moet oorgedra word. Die slagoffer is getraumatiseer en sukkel steeds ná die misdaad.

Marx het herinner Booysen was juis op parool na ‘n vorige vonnis van verkragting toe hy weer die tipe misdaad gepleeg het.

Booysen is lewenslank gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief