Verkragter van seuns gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Gerrit de Wee (21) is tot 25 jaar vir die verkragting van ‘n 18-jarige en ‘n 15-jarige seun in die Groblershoop-streekhof gevonnis.

Lt.kol. Sergio Kock sĆŖ die 18-jarige was op 3 April omstreeks middernag van ‘n plaaslike kroeg onderweg huis toe. Die beskuldigde het hom oorval en na ‘n bos in Theresa-vallei gesleep waar hy verkrag is. De Wee is die volgende dag gearresteer, maar is later op borg van R500 vrygelaat.

Terwyl De Wee op borg was, het hy op die middag van 1 Februarie 2023 die 15-jarige, wat beeste naby die Oranjerivier laat wei het, oorval, met ‘n mes gedreig en verkrag. De Wee was van die volgende dag af in hegtenis totdat hy op 19 Junie gevonnis is.

Kock sĆŖ die twee sake is saam verhoor. Vir die verkragting van die 18-jarige is De Wee tot 10 jaar en vir die verkragting van die 15-jarige tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die vonnisse sal saam uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief