VRYSTAAT. – ‘n Man (42) se liggaam is Woensdag gevind waar dit naby die Meadowspad in ‘n dam dryf. Sy voertuig het sedert Vrydag verlate daar naby gestaan.
Sers. Mahlomola Kareli sê Bloemspruit-polisie is omstreeks 09:45 ingelig van ‘n blou Toyota Corolla met ‘n Vrystaat-registrasienommer wat sedert Vrydag oop en verlate staan. ‘n Patrollievoertuig het ondersoek ingestel. Daar is in die omgewing na die eienaar van die voertuig gesoek, waarna die ontdekking van die liggaam in die dam gemaak is. Bloemfontein se duikeenheid is ontbied. Die liggaam is op die toneel geïdentifiseer.
“Die 42-jarige manlike slagoffer is Vrydag laas deur sy familie gesien toe hy die genoemde voertuig bestuur het.”
Bloemspruit-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.





