Verlate voertuig lei tot liggaam van oorledene op plaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n man (67) is Woensdag omstreeks 15:45 op ‘n plaas naby die N2 by Harkerville, tussen Knysna en Plettenbergbaai, gevind. Sy liggaam is op die plaas gevind nadat sy voertuig verlate aangetref is.

Sers. Christopher Spies, Tuinroete-polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die oorledene is met vasgebinde hande en veelvuldige beserings aan sy liggaam en kop deur veiligheidsbeamptes ontdek. Hy is op die toneel dood verklaar. ’n Mercedes-Benz, wat aan die oorledene behoort het, is vroeër verlate in Sedgefield, Knysna, aangetref. Die soektog na die eienaar het veiligheidsbeamptes na die plaas gelei waar die liggaam gevind is. Die saak word deur Plettenbergbaai-speurders ondersoek.

Twee verdagtes, ’n vrou (28) en ‘n man (34), is in hegtenis geneem en verskyn vandag op aanklagte van moord en voertuigdiefstal in die Plettenbergbaai-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief