Brekende Nuus
Afrikaans

Vermeende dwelmsmouse in hof oor R400 m. se kokaïne

(Fotokrediet: The South African)
(Fotokrediet: The South African)

Die Valke in die Wes-Kaap het op 2 Junie verlede jaar ‘n reuse-dwelmvonds van R400 mijoen gemaak toe hulle 805 kg kokaïne in ‘n skiboot wat deur ‘n bakkie gesleep is, ontdek het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke, sê agt verdagtes sal nou na verwagting vandag in die landdroshof in Bellville verskyn ná hul hulself aan die polisie oorgegee het.

Een verdagte is in Junie verlede jaar in hegtenis geneem na hy ‘n bakkie wat ‘n skiboot met R400 miljoen se kokaïne daarin weggesteek, bestuur het.

Die verdagte is op die N1-hoofweg in Pretoria vasgetrek.

Agt ander verdagtes is vanoggend in hegtenis geneem na hulle hulself aan die Valke oorgegee het.

Die bakkie, ‘n sleepwa, drie bote, dwelms, geld en ‘n rubberboot ter waarde van altesaam R18,6 miljoen is gekonfiskeer.

Volgens kapt. Mogale is 16 ander verdagtes, insluitend ‘n dwelmhoof in België, in die polisie se visier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel