Vermeende gewapende rowers stamp polisievangwa tydens jaagtog

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes is gearresteer nadat hulle glo vanoggend (Maandag) ‘n gewapende roof in Sanniestraat, in die Hercules-polisiëringsarea uitgevoer en toe teen ‘n hoë snelheid van die polisie probeer wegjaag en ‘n ongeluk gemaak het.

Kapt. Johan van Dyk sê aan Nuusflits die polisiebeamptes was met roetinepatrollie besig toe hulle omstreeks 07:30 die klag van ‘n gewapende roof ontvang. Vier verdagtes het met ‘n silwergrys Suzuki van die misdaadtoneel weggery.

Terwyl die polisiebeamptes na die toneel onderweg was, het hulle die voertuig opgemerk en ‘n hoëspoedjaagtog het ontstaan. Die verdagtes, wat probeer het om arrestasie te vermy, het roekoloos oor beide die bane van Bremerstraat geswenk, terwyl hulle in die rigting van die R80-snelweg gejaag het. Polisiebeamptes is deur die Tshwane-metropolisie (TMPD) bygestaan en het probeer om die verdagte voertuig in Bremerstraat te blokkeer. Die verdagte voertuig het in ‘n polisievangwa vasgery, waarna twee mans te voet gevlug het. Die ander twee verdagtes is suksesvol in hegtenis geneem.

Tydens voorlopige ondersoek het aan die lig gekom die voertuig behoort aan ‘n huurmaatskappy en is met vals nommerplate toegerus. Die oorspronklike nommerplate en vier wieldoppe is in die kattebak gevind. Met verdere navraag is bevind die voertuig word vir nog rooftogte deur verskeie polisiestasies gesoek en word ook aan drie addisionele rooftogte wat vroeër vanoggend in Sunnyside-polisiëringsgebied gepleeg is, verbind.

Vier beursies en ’n rugsak met verskeie selfone is in die voertuig gevind. Albei verdagtes is in hegtenis geneem en word op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangehou.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief