Vermeende huisroofverdagte op plaas in voet geskiet

Lees ook :

Foto: DFW Fire & Rescue NPC

WES-KAAP. – ‘n Verdagte wat glo Woensdag ‘n huis in Dal Josafat onwettig betree en ‘n vrou aangerand het, is met ‘n skietwond in sy spore gestuit.

Volgens DFW Fire & Rescue NPC het die verdagte die vrou in die huis aangerand en met twee vuurwapens van die huis gevlug. Die beheerkamer het ‘n oproep vir hulp ontvang. FADT-beamptes het die gebied deursoek en vir ekstra rugsteun gewag toe daar glo op hulle geskiet is. Paarl- en Wellington-polisielede, K 9-polisielede, AfriForum-buurtwag, DFW Fire & Rescue NPC-spanne, asook ander veiligheidsdienste, het reageer. Na wat as ‘n wilde jaagtog oor verskeie plase en skietery na die polisie en veiligheidswagte beskryf is, is die verdagte by Dal Josafat se St. Helena-plaas omsingel. Daar is weer geskiet en die verdagte is in die voet gewond. Noodhulp is deur A Carelse, DFW EFAR en die DFW-bevelvoerder toegepas.

DFW Fire & Rescue NPC sê die groot aantal mense wat tydens die insident reageer het, wys hierdie tipe misdade word nie in die gebied geduld nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief