KWAZULU-NATAL. – Twee vermeende kabeldiewe het Dinsdagoggend in Cocoslaan in Lotus Park gesterf, nadat hulle vermoedelik aan ‘n kragkas gepeuter en geskok is. Die voorval het kragonderbrekings in die gebied veroorsaak.
PT Alarms sê op sosiale media dié diens se taktiese eenheid en gewapende reaksiespan, saam met PT Ambulansdiens, het hulle na die toneel gehaas en die twee mans dood aangetref. Hulle het brandwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Daar word vermoed dat die mans aan die kragkas gepeuter het toe hulle geskok is en aan die brand geslaan het.
Brandbestryders van eThekwini was op die toneel en het die brand in die kragkas geblus. Die SAPD was ook op die toneel teenwoordig en sal ondersoek instel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





