Vermeende kaper doodgeskiet en vuurwapens teruggekry

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vermeende kaper is gister tydens ‘n jaagtog met die polisie en ‘n privaat sekuritetisdiens op die R550 by Suikerbosrand in Heidelberg doodgeskiet.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi is drie persone in Tsakane gekaap, waarna die hoofwegpatrollie sowel as ‘n privaat sekuriteitsdiens reageer het. Die voertuig is op die R550 opgemerk en ‘n jaagtog het ontstaan.

Die verdagtes het die voertuig glo tot stilstand gebring, uitgespring en probeer weghardloop. Hulle het na bewering in die hardloop op die beamptes geskiet. Daar is teruggeskiet en een van die verdagtes is noodlottig gewond. Die polisie kon daarin slaag om nog ‘n verdagte in hegtenis te neem. Twee vuurwapens is op die toneel gevind.

Nevhuhulwi sê twee verdagtes het egter weggekom. Die verdagte wat in aanhouding is, sal vir kaping, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief