Lees ook: Vermeende mensehandelaars bly in aanhouding, saak uitgestel
KIMBERLEY. – ’n Zimbabwiese vrou (41) wat in hegtenis geneem is vir beweerde mensehandel is borg in die Kimberley-landdroshof geweier.
Beaula Maruza en haar medebeskuldigde, Tafadzwa Otis Nadakurwa (41), is op 6 Desember 2023 in hegtenis geneem na hulle in Midrand met 14 kinders sonder die nodige dokumente op ’n bus geklim het.
’n Passasier op die bus het die polisie geskakel toe hulle in Kimberley stilhou op pad na Kaapstad. Die paar het gesê hulle neem die agt seuns en ses meisies na hulle ouers in Kaapstad. Hulle is in hegtenis geneem na die polisie nie die inligting kon verifieer nie.
Die kinders is na ’n veilige plek gestuur. Nadakurwa is op borg vrygelaat en albei beskuldigdes sal op 12 Februarie weer in die hof verskyn.
Bronne: The Citizen, SAPS
Lees ook: Vermeende mensehandelaars bly in aanhouding, saak uitgestel





