Vermeende misdadigers deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Twee vermeende misdadigers is vandag tydens ‘n skietery en hoëspoedjaagtog met die polisie by die kruising van Tara- en Badullastrate in Wentworth doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het ‘n voertuig wat vermoedelik in kriminele aktiwiteite betrokke was, gesoek. Die voertuig is in Tarastraat opgemerk. Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring die voertuig is vroeër die maand in Malvern as gekaap gerapporteer. Die polisie het aangedui die voertuig moet stop, maar dit het eerder weggejaag en ‘n voetganger gestamp wat beserings opgedoen het.

Netshiunda sê tydens die jaagtog het die verdagtes op die polisielede geskiet, waarna die polisie teruggeskiet het. Die verdagte voertuig het in ‘n spoorlyn ingejaag en vasgesit. Die verdagtes in die voertuig is verder te voet deur die polisielede agternagesit. Na ‘n botsing het die voertuig tot stilstand gekom.

Twee verdagtes is gevind waar hulle dood buite die voertuig lê.

Geen polisielede is beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief