Vermeende plaasaanvallers gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Groep verdagtes wat glo Dinsdag vier persone op ‘n plaas langs die N1 in die Musina-polisiëringsarea oorval, aangehou en beroof het, word deur die polisie gesoek.

Brig. Hlulani Mashaba sê die vier slagoffers het geslaap toe hulle geluide van buite hoor. Na bewering het ‘n groep verdagtes, waarvan sommige gewapen was, toegang na die kamers forseer. Die slagoffers is met ‘n wielsleutel aangerand.

Geld en selfone is glo van die inwoners geeïs en die verdagtes het met selfone, ‘n televisie, geld en ander besittings ter waarde van meer as R29 000 van die toneel gevlug.

Mashaba sê die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en poging tot moord.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Rudzani Rambuwani by 076 476 7520 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief