VRYSTAAT. – ‘n Vermeende rower wat Dinsdag glo ‘n bejaarde beroof het, is deur polisielede van die gemeenskap in die Maokeng-area “gered”.
Sers. Mahlomola Kareli sê polisielede is om hulp ontbied toe die gemeenskap glo die verdagte gevang en aangerand het.
‘n Bejaarde is glo deur die verdagte en twee makkers van ‘n selfoon en geld beroof. Die bejaarde persoon is deur die polisielede opgespoor en ‘n saak is oopgemaak.
Die verdagte is vir roof met ‘n wapen, wat nie ‘n vuurwapen is nie, aangehou.
Twee makkers van die verdagte kon daarin slaag om te vlug.





