KWAZULU-NATAL. – Sers. Sakhile Manyisa wat op 24 Junie dood op ‘n woonsteltrap in Gopalall Hurbansweg in oThongathi gevind is, se verloofde (34) is in hegtenis geneem.
Volgens kol. Robert Netshiunda het Manyisa en sy verloofde die woonstel gedeel. Sy het as ‘n bestuurder by ‘n kitskoswinkel gewerk waar sy in hegtenis geneem is.
Netshiunda sê met aanvanklik geen inligting wat die ondersoek kon help nie, het die ondersoekspan gevorder tot waar alle beweerde bewyse na die verloofde gewys het.
Die verdagte sal vandag in die Verulam-landdroshof verskyn.





