GAUTENG. – ’n Vermeende watermeterdief is Maandag omstreeks 11:30 in Pretoria vasgetrek nadat vier watermeters en breekimplemente naby die kruising van 31ste Laan en Nico Smithstraat gevind is.
Volgens ProShield Security het ’n reaksiebeampte inligting ontvang oor mense wat vermoedelik by kriminele bedrywighede in die Nico Smithstraat-gebied betrokke is en hulp van beamptes van die Moot-polisie gevra. ProShield Security het gesê ’n gesamentlike soektog het daartoe gelei dat die verdagtes naby die kruising opgespoor is. Een man is in hegtenis geneem en aan die Villieria-polisie oorhandig.
Verdere ondersoek word gedoen. Hy sal na verwagting aangekla word vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van breekimplemente.


Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: