LIMPOPO. – Jan Mohale (40) se verminkte liggaam is Vrydagoggend in bosse in die Mamaila-woonbuurt ontdek.
Lt.kol. Stephen Thakeng sê die polisie is omstreeks 06:30 na ‘n moordklag ontbied nadat Mohale se liggaam deur die gemeenskap opgemerk is. Op die toneel is bevind die slagoffer se keel was gesny en sy pinkie en geslagsdele verwyder. Nooddienste het hom dood verklaar.
Die oorledene se naasbestaandes is van sy dood ingelig.
Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, sê alhoewel die motief vir die moord nog bepaal moet word, kan ‘n ritueel-verwante moord nie uitgesluit word nie.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. kapt. Pila by 082 063 8615 te bel.