Verminkte liggaam van man in bosse ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Jan Mohale (40) se verminkte liggaam is Vrydagoggend in bosse in die Mamaila-woonbuurt ontdek.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die polisie is omstreeks 06:30 na ‘n moordklag ontbied nadat Mohale se liggaam deur die gemeenskap opgemerk is. Op die toneel is bevind die slagoffer se keel was gesny en sy pinkie en geslagsdele verwyder. Nooddienste het hom dood verklaar.

Die oorledene se naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, sê alhoewel die motief vir die moord nog bepaal moet word, kan ‘n ritueel-verwante moord nie uitgesluit word nie.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. kapt. Pila by 082 063 8615 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief