Vermiste 2-jarige se liggaam in veld gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die liggaam van Khayone Xavier Pakeni (2), wat op Woensdag 9 Oktober omstreeks 10:00 in Embalenhle in Secunda vermis geraak het, is in ‘n veld ontdek.

Kol. Donald Mdhluli sê die gemeenskap het lede van GKS van die kinderliggaam, wat in ‘n kombers toegedraai was, verwittig. Nooddienste het die seun op die toneel dood verklaar.

Nuusflits het voorheen berig die seun en sy ma het water by ‘n skool gaan haal. Hy het daarna buite die huis gespeel en weggeraak. ‘n Soektog na die kleuter het niks opgelewer nie. Hy is daarna as vermis aangemeld en weer was daar sonder sukses na hom gesoek.

“Verdere forensiese ondersoek sal deel wees van die voortgesette ondersoek. Tot dusver is geen arrestasies gemaak nie, maar die SAPD bly daartoe verbind om hierdie saak op te los en die oortreders aanspreeklik te hou.”

Die polisie versoek enigiemand met inligting om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief