KWAZULU-NATAL. – Die ontbinde liggaam van Fana Sencel Ngcobo (82), wat vermis was, is Woensdag in ‘n bos in Sgudu, Ndwedwe, ontdek. Hy is op 5 Augustus as vermis aangemeld.
Reaction Unit South Arica se operasionele sentrum het ‘n oproep vir hulp ontvang nadat lede van die gemeenskap tydens ‘n soektog op die bejaarde se liggaam afgekom het.
“Met aankoms is reaksiebeamptes en Rusa-paramedici etlike meters van die hoofpad na die liggaam van die bejaarde man gelei.”
Rusa sê volgens Ngcobo se familie het hy ‘n geskiedenis van demensie en het voorheen sy huis verlaat en is eers weer dae later gekry.