Vermiste bejaarde se liggaam in veld gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Richard Samuel Steenkamp (73), wat op 16 Augustus in Roodepan vermis geraak het, se liggaam is Woensdagoggend deur ‘n werknemer in ‘n veld op ‘n plaas gevind.

Lt.kol. Sergio Kock sê Steenkamp, wat glo aan Alzheimer se siekte gely het, se liggaam is omstreeks 10:00 op die plaas naby Roodepan gevind. Steenkamp se liggaam is deur sy familie uitgeken.

“Geen gemene spel word in hierdie stadium vermoed nie. ’n Lykskouing sal egter uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.”

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen en enigiemand met inligting word gevra om kapt. Deon Rheede op 082 469 0681 te bel.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief