Brekende Nuus
Afrikaans

Vermiste kleuterseun gesoek

Vermis
Vermis

MPUMALANGA. – Khayone Xavier Pakeni (2) is sedert Woensdag, omstreeks 10:00, tuis in Embalenhle vermis.

Foto’s: SAPD

Kol. Donald Mdhluli sê volgens rapportering het die kleuter en sy ma water by ‘n nabygeleë skool gaan haal. Terug by die huis het die kleuter buite gespeel, terwyl die ma tee gemaak het. Toe sy weer buite kom, was die kleuter weg. Daar is dadelik met behulp van bure, sonders sukses, na die kleuter gesoek. Die vermiste kleuter is by die Embalenhle-polisiestasie aangemeld en ‘n vermistepersoneverslag is vir ondersoek geopen. Die GKS-eenheid ondersoek tans die saak.

Enigiemand wat weet waar die kleuterseun hom bevind, word gevra om na vore te kom.