KWAZULU-NATAL. – Luzuko Xalakhe (28) van New Brighton in die Oos-Kaap, wat as vermis aangemeld is, se liggaam is Maandag in Ezimangweni in Inanda in ‘n drein ontdek.
Reaction Unit South Africa sê Xalakhe was besig met opleiding en het tydelik in Verulam gewoon. Hy het glo Sondag omstreeks 14:30 van E-hailing gebruik gemaak vir ‘n rit na Verulam om sy hare te laat sny. Werkskollegas het Rusa gekontak toe hy die volgende dag nie vir werk opdaag nie. Hy was Sondag laas omstreeks 15:30 opgemerk en is as vermis op sosiale media aangedui.
Dinsdagoggend vroeg het ‘n GPF-lid Rusa gekontak en bevestig Xalakhe se liggaam is in ‘n drein ontdek. Rusa sê volgens inligting is hy gemartel en vermoor. Die motief vir die moord is onbekend.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





