Vermiste meisie (14) dood gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Rosina Masego Ditlhase (14) wat op 1 Maart vermis geraak het se liggaam is Woensdagmiddag deur ‘n verbyganger in die Letlhakaneng-woonbuurt ontdek.

Kol. Adéle Myburgh sê Lelhabile-polisiestasie ondersoek nou ‘n moordsaak en enigiemand met inligting word versoek om speur.sers. Kgothatso Singo by 079 5955 474 te bel.

Ditlhase is omstreeks 17:30 op die dag van haar verdwyning deur haar ouma by hul woning gesien.

Sedert haar verdwyning is daar onverpoos na haar gesoek en die gemeenskap se hulp is ingeroep.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief