VRYSTAAT. – Nadat die liggaam van ‘n jong meisie (8) in ‘n voor in Lindley gevind is, is ‘n man (27) deur die Bethlehem-GKS vir ondervraging in hegtenis geneem.
AO Mmako Mophiring sê die meisie wat vermoedelik eers verkrag en daarna vermoor is se liggaam is deur ‘n verbyganger ontdek.
Mophiring sê die polisie, gemeenskap en familie van die meisie is geskok.
Na bewering het die meisie se ma gedink sy gaan speel toe sy Maandag omstreeks 12:00 die huis verlaat. Omstreeks 22:00 het sy agtergekom die kind is nog nie terug nie. Sy het haar kind as vermis by die polisie aangemeld.
Dinsdagoggend omstreeks 07:30 het ‘n verbyganger die kind se liggaam in ‘n voor in ‘n oop veld agter ‘n plaaslike kerk opgemerk. Die polisie is ontbied en die meisie is met hulle aankoms saam met nooddienste dood verklaar. Die moontlikheid van verkragting is opgemerk. Haar nek het kneusmerke gehad.
‘n Saak van verkragting en moord word ondersoek.
Enigiemand met inligting word versoek om Bethlehem-GKS by 082 338 7760 te bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





