OOS-KAAP. – ‘n Ouma (71) het na bewering Vrydag in Ezinkampini, Cumakala- administratiewe area buite Lady Frere vermis geraak.
Kapt. Namhla Mdleleni sê ‘n aanvanklike soektog wat deur die polisie en publiek geloods is, het niks opgelewer nie. Saterdag is die polisie ontbied na ‘n toneel waar die liggaam van ‘n vrou in ‘n vlak graf in haar tuin ontdek is.
Met ondersoek is twee kleinseuns en ‘n vriend vir moord en roof aangekeer. Hulle sal vandag in die Lady Frere-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.





