DURBAN, KWAZULU-NATAL. – Sibusiso Mpangase (9) van Newlands East het vermis geraak nadat hy op 20 Maart omstreeks 13:00 naby sy huis met twee maats in ‘n plaaslike park gespeel het. Die seun het nie weer by die huis opgedaag nie en is as vermis aangemeld.
Kapt. Carmen Rhynes sê ‘n man in ‘n silwer-/gryskleurige voertuig wat parkeer gestaan het, het glo na Sibusiso geroep toe die jong seuns op pad terug huis toe was. Die vriende het vir hom gesê hulle gaan huis toe, waarna hy gesê het hy gaan eers vir die man in die voertuig sigarette koop.
Sibusiso se ma het, toe hy nie opdaag nie, na hom gesoek en hom as vermis aangemeld.
Enigiemand wat weet waar die jong seun hom bevind, kan konst. KT Dube by 066 081 6669 bel.





