Vermiste seun vermoor

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT – Die liggaam van Hlonolofatso Mokoena (10) van Bohlokong is Donderdag naby die Bakenpark-begraafplaas gevind, nadat hy vroeër dieselfde dag omstreeks 09:00 laas gesien is terwyl hy saam met ander kinders in die straat gespeel het.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die seun het veelvuldige steekwonde opgedoen. Twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, is op aanklag van moord in hegtenis geneem. ’n Ondersoek is aan die gang om die motief vir die misdaad te bepaal.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief