VRYSTAAT – Die liggaam van Hlonolofatso Mokoena (10) van Bohlokong is Donderdag naby die Bakenpark-begraafplaas gevind, nadat hy vroeër dieselfde dag omstreeks 09:00 laas gesien is terwyl hy saam met ander kinders in die straat gespeel het.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die seun het veelvuldige steekwonde opgedoen. Twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, is op aanklag van moord in hegtenis geneem. ’n Ondersoek is aan die gang om die motief vir die misdaad te bepaal.
Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn.