MPUMALANGA. – Twee seuns, onderskeidelik 16 en 12 jaar oud, het Saterdag saam met hulle honde op ‘n stap- of jagtog vermis geraak.
Kol. Donald Mdhluli sê die families van die twee seuns het Sondag bekommerd geraak toe net die honde teruggekeer het huis toe. Hulle is as vermis by die polisie aangemeld en rolspelers is geaktiveer om na hulle te soek. Die ouer seun is met ernstige beserings aangetref en dood verklaar. Die jonger seun is met beserings vir mediese hulp na ‘n hospitaal gehaas.
Mdhluli sê die Masoyi-polisie ondersoek die insident. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.








