Brekende Nuus
Afrikaans

Vermiste tiener dood op onwettige elektriese kabel gevind

Die tiener was sedert 28 September vermis, waarna sy liggaam op 'n onwettige lewendige elektriese verbinding gevind is.

Vermiste tiener dood gevind
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die ontbinde liggaamvan ‘n seun (15) wat op 28 September 2023 vermis geraak het, is Woensdagmiddag ongeveer 200 meter van sy huis gevind waar hy op ‘n lewendige onwettige elektriese konneksie in Vanrova gelê het.

Reaction Unit South Africa het ‘n oproep vir hulp van inwoners wat deel van ‘n soekgeselskap was, ontvang. Die seun se liggaam was in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.

Ethekwini-elektrisiteitsdepartement moes eers die onwettige elektrisiteitsverbinding ontkoppel voordat die seun se liggaam verwyder kon word.

Wetstoepassingbeamptes was op die toneel.

Bron: Reaction Unit South Africa