NOORDWES. – ‘n Tienermeisie (17) wat vermis was, is Sondag veilig gevind en met haar familie herenig.
Lt.kol. Amanda Funani het bevestig die meisie word nie meer gesoek nie.
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
‘n Tienermeisie (17) word sedert Donderdag van ‘n plot op Bokfontein vermis.
Lt.kol. Amanda Funani sê die Mooinooi-polisie vra die hulp van die gemeenskap om die tienermeisie, wat as verstandelik gestrem bestempel is, op te spoor. Sy het vermis geraak sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy gaan.
“’n Soektog is sonder enige sukses rondom die erf en omliggende gebiede van Mooinooi gedoen.”
Sy het ten tyde van haar verdwyning ‘n wit kortmou T-hemp en groen kortbroek aangehad. Sy is kort en het bruin oë en kort krulhare.
Enigiemand met inligting oor waar sy haar kan bevind, word gevra om sers. Andile Moate van die Mooinooi-speurtak by 060 970 9200 te bel.





