Vermiste vrou dood aangetref

Lees ook :

Foto's: Linlee Solms

WES-KAAP. – Chantal Pelser (52), wat Sondag vermis geraak het, is Woensdagmiddag dood in ‘n plek van verblyf in Kaapstad aangetref. Sy is laas opgemerk toe sy omstreeks 13:00 met ‘n silwerkleurige Hyundai i10 in die rigting van Kloofnek gery het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Pelser se dood aan Nuusflits bevestig. Geen misdaad word vermoed nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Pelser se dood vas te stel.

Linlee Solms, Pelser se lewensmaat, het voorheen vriende en familielede op sosiale media gevra om vir haar uit te kyk. Pelser is by verskeie vermiste agentskappe aangemeld. Solms het ook gemeld dat hulle saam met Bellville-polisie werk. Pelser is as weerloos bestempel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief