Vermiste vrou op verjaardag dood gekry, verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto: Joan Singrew

WES-KAAP. – Die liggaam van Joan Singrew (54) van Rosemoor, in Conville, George, is Maandag 25 November 2024, op haar verjaardag, buite Groot-Brakrivier gekry nadat sy die vorige Donderdag as vermis aangemeld is. Twee verdagtes is vanoggend (Vrydag) vir haar moord gearresteer.

Sers. Christopher Spies sê Singrew was nie tuis toe haar dogter daar kom nie en is as vermis aangemeld. ‘n Soektog het na haar liggaam in bosse gelei. ‘n Moorddosier is geopen en die toneel vir leidrade gefynkam. Woensdag is ‘n nadoodse ondersoek gedoen om die oorsaak van Singrew se dood vas te stel. Die verslag is deel van die ondersoek.

Spies sê Conville-polisie het vanoggend twee verdagtes gearresteer. Hule sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die George-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief